Carnegie Hall

Carnegie Hall se hoofingang

Carnegie Hall is ’n groot konsertsaal in New York waarin talle beroemde musici al opgetree het. Die konsertsaal is in 1890 deur die Skotse nyweraar en filantroop Andrew Carnegie gebou. Dit is een van die mees vooraanstaande en prestigeryke sale vir sowel klassieke as populêre musiek in die Verenigde State van Amerika. Om op dié verhoog te verskyn, word as 'n groot eer en prestasie beskou.[1]

Die gebou se planne is deur die bekende New Yorkse argitek William Burnet Tuthill (1855–1929) opgetrek, wat self 'n amateur-tjellis en vader van die komponis Burnet Tuthill was. Die plek is nie net bekend vir sy argitektuur en geskiedenis nie, maar ook vir sy akoestiek. Die nagalm-tyd (vir eggo's) beloop 1,80 sekondes met publiek, sonder publiek 2,10 sekondes. Die saal word vir optredes aan groepe en kunstenaars verhuur.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search